
=====================================================================
Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie

Kasa Pillay   gee 'n insig in Afrikaans se posisie in KwaZulu-Natal waar die taal verrassend sterk staan onder nie- moedertaalsprekers.

Talle Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, selfs in hierdie pragtige provinsie, is verbaas as hulle verneem dat Afrikaans as tweede taal 
hier nog steeds 'n gewilde skoolvak is.

Dertien jaar al lewer ek diens as vakadviseur in Afrikaans as tweede taal en die afgelope drie jaar werk ek in 'n verenigde 
onderwysdepartement. Hierdie tydperk het my in aanraking gebring met talle skole wat deur die voormalige Departement van Onderwys en 
Opleiding en KwaZulu se Departement van Onderwys bestuur is. Wat 'n openbaring en leerskool was dit nie!

By orinteringskursusse wat in 1996 dwarsdeur die provinsie aangebied is, het ek onderwysers leer ken, en besoeke aan skole die afgelope 
twee jaar om punte te modereer het my nader aan die leerders self gebring.

In Julie 1996 is sewe nuwe vakadviseurs aangestel. Met hulle aanstelling het KwaZulu-Natal in die ware sin die renboognasie begin 
weerspiel. Elke streek (behalwer Vryheid) het sy eie vakadviseur wat, konserwatief bereken, diens lewer aan minstens honderd sekondre 
skole waar Afrikaans 'n matriekvak is. In die provinsie is daar 3 500 tot 4 000 primre skole. Afrikaans word in alle skole onderrig, in 
die meeste skole as keusevak en in die ander as verpligte vak.

Sedert die aanstelling van die nuwe vakadviseurs word 'n moedige poging uit eie geledere aangewend om informele opgradering van onderwysers 
te doen d.m.v. min of meer gereelde indiensopleiding. Hoewel Afrikaansonderwysers groot belangstelling toon, is dit totaal onmoontlik om 
alle skole in 'n jaar te besoek en onderwysers met ander fasette van Afrikaansonderrig te help. Die matriekkandidate vir 1997 gee 'n indruk 
van die T2 taalbevolking en onderwyskorps aan wie die vakadviseurs diens moet lewer.

Hor graad voltydse kandidate

Streek   Getal
Durban-Noord    15 000
Ladysmith       14 000
Durban-Suid     13 049
Ulundi  10 000
Empangeni       10 000
Pietermaritzburg        9 000
Port Shepstone  8 000
Vryheid         7 000
Totaal   86 049

Standaardgraad  7 697
Deeltyds        16 691
Groottotaal      110 437

'n Mens word telkens aangegryp deur die feit dat twee derdes van die kandidate swart nie-moedertaliges is wat goedgesind is teenoor 
Afrikaans. Leerders is van mening dat Afrikaans 'n Afrikataal is, en daarom wil hulle ook graag Afrikaans leer. Om ekonomiese redes is dit 
vir die leerder ook belangrik om Afrikaans te leer.

Ondanks die vriendelikheid, goeie bedoelings en harde werk wat 'n mens telkens aantref, is die vakadviseurs nie gerus oor die toestand 
waarin die onderrig van Afrikaans in die meeste skole verkeer nie.

Besef die Afrikaanssprekendes in KwaZulu-Natal nie watter enorme taak onderwysers verrig wat hulle moedertaal hier onderrig nie? Word 
hierdie onderwysers deur die Afrikaanse gemeenskap genoeg ondersteun? Daarvan is ek nie oortuig nie.

'n Groot probleem wat van die swart onderwysers het, is dat hulle nie self in die alledaagse lewe aan Afrikaans blootgestel is nie. Die 
onderwysdepartement het tot nou toe baie min gedoen om die gebruik van Afrikaans buite die klaskamers te bevorder. Vir die begaafde leerder 
word voorsiening gemaak slegs deur die taaleksamens die Saamwerkunie van Natal en deur die Stoffel Nienaber Redenaarskompetisie wat in 1991 
ingestel is vir nie-moedertaalsprekers. Die wenner van die jongste kompetisie is Amanda Msindwana, 'n Xhosa-sprekende leerling van Port 
Shepstone High School.

Ek wil my graag aansluit by die pleitrede van dr. Nicol Faasen   (Afrikaans Vandag, Maart 1997).   Kan Afrikaanse gemeenskappe in die 
omgewing van swart skole waar Afrikaans onderrig word, nie dalk meer doen om die swart onderwysers bloot te stel aan Afrikaans in die 
daaglikse omgang nie?

* Soos dr. Faasen dink ek ook aan eenvoudige sake soos uitnodigings na enige geleentheid waar hulle Afrikaans kan hoor en praat.
* Gaan besoek die skole, kyk wat daar gebeur en watter onderwyshulpmiddels die skool het. Skenk tydskrifte, koerante, boeke en bandopnames 
van Afrikaanse liedjies, gedigte en verhale.

Dit is egter belangrik dat die beplanning van enige ondersteuning saam gedoen word.

Die Vakkomitee vir Afrikaans (T2) het by 'n onlangse vergadering met die bestuurspersoneel van die Universiteit van Natal (Durban en 
Pietermaritzburg) daarin geslaag om 'n kursus wat vir die Durban kampus beplan is, in 1998 ook in -Pietermaritzburg aangebied te kry. 
Hierdie kursus (Verdere Diploma in Opvoedkunde) is spesiaal gerig op nie-moedertaliges wat Afrikaans in swart skole onderrig. Die komitee 
is dank verskuldig aan die Vlaamse gemeenskap vir hulle geldelike steun aan hierdie projek en sien uit na verdere samesprekings met 
universiteite vir die toekoms.

Dit is die ideaal van elke vakadviseur om elke leerder in ons provinsie veeltalig te maak. Dit gaan oor die bemagtiging van die toekomstige 
leiers van ons land. Die vakadviesdiens steun dus enige poging wat veeltaligheid in ons provinsie bevorder. Mnr. Kasa Pillay,   senior 
vakadviseur: Afrikaans Tweede Taal, is voorsitter van die Provinsiale Vakkomitee Afrikaans Tweede Taal. Hy is ook 'n lid van die SvA se 
Trusteeraad.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av443.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

